Crime ID: Date of Crime: Type of Crime: Town/City/Place: Crime Description: Ons is besteel omtrent so 1h30 die oggend. Ons het almal vas geslaap (volgens die polisie het die inbrekers iets laat brand om ons te laat slaap want ons almal het simptome gehad soos hoopyn, brandende keel en neus. Hulle het die diefwering eenvoudig opgebreuk en ingeklim. Hulle het tot voor my twee seuns se beddens geloop en hulle selfone gesteel. Hulle het ons dvd, video masjien en laptop gesteel. My jongste seun (wat nooit bang was nie) slaap nou met 'n aan lig. Hy het 'n bang kind geword. Ons het dadelik 'n alarm stelsel laat insit en omtrent 2 weke na die inbraak het hulle weer probeer inbreek. Hulle het ook helder oordag probeer om by my seun se venster in te kom maar is afskrik deur die alarm. Ons woon in Rietfontein wat veronderstel is om 'n rustige buurt te wees.